Apollo 16

Apollo 16
Sendingwapen
Sendingstatistiek
Sendingnaam: Apollo 16
Roepteken: Beheermodule: Casper
Maanmodule: Orion
Bemanningslede: 3
Lansering: 16 April 1972
17:54:00 UTC
Kennedy-ruimtesentrum
LC 39A
Maanlanding: 21 April 1972
02:23:35 UTC


9,0° S 15,5° E
Descartes-Cayley

Maanuitstappies: 20 uur 14 minute
Tyd op maan: 2 dae 23.0 uur
Aardlanding: 27 April 1972
19:45:05 UTC
0° 43' S, 156° 13' W
Tydsduur: 12 dae, 13 ure 52 minute

Apollo 16 was die tiende bemande sending van die Apollo-program en die vyfde sending om op die maan te land.

Die bemanningslede: John W. Young, Kommandeur; Ken Mattingly, beheereenheid-vlieënier; en Charles Duke, maanmodule-vlieënier. Dit was 'n J-klas sending. Hulle het 95,71 kg se maanmonsters saamgebring.

Die Apollo 16-subsatelliet is gelanseer vanaf die sentrale module terwyl dit in 'n omwenteling om die maan was. Die subsatelliet het eksperimente uitgevoer oor magnetiese velde. Dit is gelanseer op 24 April 1972 teen 21:56:09 UTC en was in 'n wentelbaan om die maan vir 34 dae en 425 rewolusies. Dit het 'n massa van 36,3 kg gehad en bestaan uit 'n sentrale silinder en drie 1,5 m lange stutte.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search